Back to Testimonials

Vanaand Wil ek n Storie Met Julle Deel.

22 Jan 2019   |   Busamed Paardevlei Private Hospital
back to testimonials

Vanaand Wil ek n Storie Met Julle Deel.

22 Jan 2019   |   

Vriende vanaand wil ek n storie met julle deel. So week terug het ek my arm "gebreek". So besluit ek om vir n tweede opinie te gaan omdat die hospitaal wat my Sondag gehelp het vir my gese het my skouer en boonste arm is gebreek. So gaan ek die week deur met die swaar gips en ongemak.

Ek besluit toe om na my huisdokter te gaan vir tweede opinie. Sy verwys my na ortopeet, Dr Attie Botha by Busamed. So het ek daar gekom. Vriendelik ontvang. Dr Attie Botha het eers lekker gesels en toe die ondersoek gedoen. Daarna gips afgehaal en gestuur vir xstrale. Die Xstrale was n belewenis. Na die xstrale is ek terug na Dr Attie Botha.

So bestudeer hy die xstrale en verwittig my dat daar geen frakture is nie. Dit was goeie nuus, maar ek het my arm se spiere by seergemaak. Ek moet vir n week nog in n sling loop. Ek kan Busamed aanbeveel en het die beste diens gekry vandag. So twintig minute terug het ek my verslag van Dr Attie Botha ontvang. Dankie Dr Attie Botha. Puik diens!! Sal weer soontoe gaan.

Copyright © 2025 Busamed Hospital Group
Copyright © 2025 Busamed Hospital Group
Designed and developed by
chevron-up